Varsity Cup Voorsmakie

Die 7de FNB Varsity Cup, ondersteun deur Steinhoff, is binne ‘n week weg van afskop – die Shield kompetisie skop alreeds komende Maandag af. Die gewilde kompetisie het in baie meer as net ‘n Universiteite rugby toernooi ontaard, geld het vanaf borge begin instroom en sodra geld ‘n faktor raak word die reëls tot op die uiterste beproef – hoekom dink julle is die belasting wet nie net 3 bladsye nie!?

n Paar van die spanne het al vriendskaplike wedstryde gespeel, party teen mekaar, ander teen groter unies of buurmanne. Ons kyk bietjie na die resultate en of daar enigsins iets daaruit te bespeur is.

Die verdedigende kampioen Tuks, onder leiding van hul nuwe afrigter Pote Human, het al twee wedstryde agter die blad, oa teen CUT en ook teen Impala van Rustenburg. Hulle het in beide wedstyde as oorwinnaars uit die stryd getree, maar volgens Human is daar nog baie werk wat voorlê. Hulle speel more in hul laaste opwarmingswedstryd teen Roodepoort. Die oud-Matie, Reniel Hugo, is vroeg al in die voorseisoen as kaptein aangewys.

Maties wat die ondergeskiktes in verlede jaar se finaal was, het slegs een opwarmings wedstryd tot op hede gespeel – maar die telling was nie ‘n weerspieëling in die eenrigtingstryd teen Peter de Villers se UWK nie!

Onder die breier Chris Rossow en kaptein Tertius Daniller is daar vele uitdagings met ‘n bloed jong groep.

Die Madibaz van NMMU het naelskraap teen die B-span van die Cheetahs verloor en lyk om ‘n vors te wees in vanjaar se kompetisie. Daar heers heelwat provinsiale ondervinding in oa Jarryd Buys, Enrico Acker & Tythan Adams.

Die Ikey Tigers het gaan toer en hul 1ste wedstryd suksesvol afgehandel teen die Arende van SWD, die telling is vir my meer ‘n weerspieeling van waar SWD is as waar die souties van UCT is. Hulle speel vandag hul 2de voorseisoense wedstryd teen die OP Kings.

UJ & Shimlas het mekaar die stryd aangesê en UJ was die oorwinnaars op die telling bord. UJ onder nuwe breier Werner Jv Rensburg word ook bygestaan deur oud-Bokke in Gcobani Bobo and Ian MacDonald. UJ het nog wedstryde geskeduleer, oa Wits, TUT and Centurion Rugby Club.

Shimlas het ook teen ‘n gedugte Cheetahs span te staan gekom en hulle seisoen het nie witwarm afgeskop nie.

Wits het op die regte noot weggespring deur die Impi’s van Natal, onder nuwe Direkteur van Afrigting John Mitchell, af te ransel.

Dit gaan ook interessant wees van oud-Bok Robert du Preez met die manne van Pukke gaan uitrig.

In kort is dit nog verregaande om enige gunstelinge te identifiseer vir die Varsity Cup wat op 3 Februarie gaan afskop. Wat wel seker is is dat die Madibaz gaan voortbou op hul sukses van verlede jaar en Tukkies gaan met die ondersteuning van hul interne hulpbronne weer moeilik gestop word. Maties gaan moet stoei met hul jong groep en Ikeys mag dalk onder nuwe baas Kevin Musikanth net meer struktuur in hul koker hê. Die res gaan hulself en moontlik die beroepswedders eers verkeerd moet bewys!