Varsity Cup: Trane van Vreugde en Hartseer

Die laaste rondte van die groepsfase in verlede week se Varsity Cup het vreugde, harte breek en verligting bevat.  Vreugde aan die kant van die vier spanne wat deurdring na die semi-finale.  Tuks, Shimlas, Ikeys en Pukke, in hierdie volgorde, is deur na die semi-finale wat die week beslis word.  Harte breek aan die kant van Maties, wat ten spyte van ‘n oortuigende oorwinnning oor CUT, nie ‘n uitspeel plek behaal het nie as gevolg van twee bonuspunte wat Puk ingesamel het teen Shimlas.  Verligting in die kraal van Ixias, wat nie vir nog ‘n wedstryd hoef op te daag om ‘n loesing te trotseer nie.

Tuks, wat die groepsfase bo aan die punteleer geeindig het, verwelkom die Puk, vierde op die punteleer, in Pretoria.  Puk was by tye maar sukkelend teen ‘n afgewaterde Shimlas span, maar het tog die nodige gedoen om twee skamele punte in te palm.  Hulle gaan wel na ‘n hoer rat toe moet oorskakel as hul enigsins ‘n bedreiging vir Pote Human se troepe wil inhou en sodoende ook vernedering te vermy.  Dit gese met die wete dat Puk die engiste span was wat Tuks kon baasraak in die groepsfase.

Puk maak baie staat op hul skrumskakel, Dillon Smit, wat ‘n kookwater toernooi sover beleef het en gevaarmanne Dalen Goliath en Ryno Smith wat sy waarde in die tweede helfte ook op losskakel getoon het.  Tuks het sekerlik die meeste ervaring in hul geledere met name soos kaptein Wiaan Liebenberg en Reniel Hugo, die wat hul pak ook so stoomroller.  Daar is egter nie ‘n te kort aan afronding met Jermaine Kleinsmith en impakspeler Dewald Human nie.  Joshua Stander se betroubare skopskoen en taktiese leiding kry Tuks ook gereeld in die regte areas van die veld.  Tensy die Puk nie in Pretoria opdaag met ‘n gelaaide arsenaal en ‘n gros ekstra skietgoed nie, sal ek dink Tuks hul plek in die finaal heel gemaklik gaan bespreek.

Ikeys reis na die Rosestad om Shimlas – wat onoorwonne is die seisoen, maar steeds in tweede plek gedy – die stryd aan te se.  Die Ikeys het hul die afgelope paar jaar as ‘n span vir die groot oomblik gevestig, maar of hierdie stryd dalk bo hul vuurmaakplek is sal ons moet sien.  Ikeys sal soortelyke amok moet saai as die liberale betogers op hul kampus, maar hopelik met meer struktuur.  Of hul skakelpaar betyds gaan herstel van hul beserings sal deurslaggewend wees in hul kanse tot sukses.  Ystermanne of op die Green Mile dalk “Ironmans”, is Jason Klaasen en agsteman Guy Alexander.

Shimlas sal hul hoop weer plaas in die soliede statuur van heelagter en kaptein, AJ Coertzen.  Shimlas in my opinie die mees bestendigste span wat vorm en patroon aanbetref, maar soos ons weet tel dit op die veld meer as in statistieke en op papier.  Ek sien ongelukkig nie hoe Ikeys veronderstel is om die kragmeting as oorwinnaars van die veld te stap nie, ook in ag geneem dat Shimlas hulle oortuigend met 20-punte vroer vermorsel het.

Die finaal oor twee weke sal volgens my voorspelling sal ‘n tuis wedstryd wees vir die Tuks met Shimlas wat gaan moet reis na die Jakaranda stad.