Uitspeel Rondtes Kruip Nader

Rondte 6, tweede laaste rondte van Varsity Cup het aangebreek. Laas week, soos enige ander week in vanjaar se kompetisie, het weer ‘n paar verrasssing opgelewer.

Shimlas kon die wedstryd teen Maties beklink met ‘n strafskop op die einde, maar het daarin gefaal. Maties het ook vele kanse saam met die wind verspeel, dit lei toe tot ‘n gelykop uitslag. Die Puk het vir Tuks ‘n loesing gegee, soos hier voorspeel was. Pukke is tans die sterkste aanspraakmaker in my nederige opinie, maar dit sluit geen van die ander spanne uit nie. Die punteleer is so beknop soos by ‘n kroeg met “happy hour”.

Pukke huisves vir Wits en eks bevrees dit gaan eenrigting verkeer wees. Wits het per geleentheid al ‘n kragvertoning gehad, maar ek dink hulle is uit hul diepte vir die een. Pukke behoort die wedstryd in ‘n drafstap af te handel en ek sal so ver gaan om te se dat daar ‘n 20 punte marge in Puk se guns sal wees.

Shimlas reis na die Green Mile waar UCT hulle sal inwag. Ikeys het ‘n toernooi van wisselvalligheid, maar sal graag wil volhou met ‘n wen kultuur. Shimlas reis vir die 2de week in ‘n ry na die Wes-Kaap, as dit nie ‘n student kompetisie was nie kon hulle maar vir die week in Tafelberg se skadu vertoef het. Shimlas het laasweek ‘n wind gesluk en met die berugte wind by Ikeys sal ek hulle as die gunsteling tip. Ikeys het sleutel staatmakers aan die WP Vodacom en beserings afgestaan.

UJ ontvang vir Maties in ‘n nat en koue Johannesburg. UJ het verlede week vasgeval teen Ikeys en sal daarom ook weer hul kans wil versterk vir die uitspeel rondtes. Maties het weer die agterdeur op ‘n skrefie oopgehou met die gelykop uitslag en sal nou hul oorblywende wedstryd suksesvol moet afhandel om nog ‘n kans te staan. Ek sal die guns in Maties se rigting stuur, hulle blyk hongerder te wees as hul teenstanders – dit in ag geneem het UJ heel week op die nat velde voorberei, terwyl Maties op droe velde in sonskyn voorberei het.

Die laaste wedstryd is Tuks wat vir NMMU by die huis het. NMMU het meer slegte resulate as goeies gehad. Hulle het darem verlede week teruggekom teen Wits – wat ook nie te veel se nie. Tuks sal hul boonste plek op die punteleer wil regverdig en so ook hul plek in die uitspeel rondtes vasmessel. Ek sal egter vir Tuks as die sterkte span beskou en hulle behoort die een deur te trek.

Volgende week is die laaste week van die groep wedstryde en dan sal daar al baie duidelikheid wees oor die eerste vier spanne. Die ander sy van die saak is dat daar twee spanne gaan wees vir wie relegasie in die gesig staar, weereens met die beknopte punteleer kan dit nog vele spanne in die nag wakker hou.

Volg vir Herman op twitter: @herman_vandyk