Oupa bevat dalk Bokke se ‘mojo’

Die Bokke is terug na hulle oorsese been van die Rugby Kampioenskap.  Hulle het nog twee wedstryde teen Australie en Nieu-Seeland oor.  Die Bokke durf vandag die Wallabies op Nuweland aan, terwyl die All Blacks in Argentinie is, voordat hulle volgende week die Bokke tuis die stryd aanse.  Sou die All Blacks vandag die Pumas met ‘n bonuspunt troef, is die toernooi vir alle praktiese doeleindes beklink.

Heyneke het net die nodige verandering aangebring en dit grotendeels om die gekroktes te vervang.  Francois Hougaard kry sy eerste begin in ‘n geruime tyd in die nommer nege trui, aangesien Ruan Pienaar ‘n knie besering behandel.  Francois Louw laat ook ‘n leemte, maar hy word vervang deur Oupa Mohoje wat sy eerste begin in ‘n Groen en Goud trui ontvang.  Heyneke was sekerlik in die versoeking om vir Schalk Burger in die beginspan in te sluit, maar het twee maal vantevore andere bo Oupa ingesluit.  Hierdie  keer sou die politieke leiers hom nie die loef oorsien nie.

Die bank maak gate vir Bakkies Botha om vir Lood de Jager te vervang, ek vermoed ook as gevolg van druk deur die super ryke baas van Toulon.  Schalk Burger vul nog ‘n gat en JP Pietersen maak sy terugkeer na die Japanese seisoen in die plek van Damien De Allende.  Cobus Reinach word vir die eerste maal op die bank ingesluit, om dekking te gee op skrumskakel.

Adriaan Strauss behou se plek, nadat Bismarck nie tans sy beste seisoen in die Boktrui beleef nie.  Handre Pollard kry steeds die regmerkie bo die ander losskakel aanspraakmakers en Marcel Coetzee ruil net die nommer sewe trui vir die nommer ses trui.

Ek dink die Bokke bid vir lekker droe weer, sodat ons weer van die aanskoulike rugby kan sien wat vroer die jaar opgedis is.  Dit sal ook vermy dat hulle na ‘n skoptaktiek hunker, aangesien die uitvoering daarvan soortgelyk is aan ‘n kleuter wat 30 Seconds aandurf.  Ek glo die Bok-skrum is nou uitgesorteer en Matfield sal in samewerking met Etzebeth aanhou om druk op die lynstane toe te pas.

Heyneke se troepe sal sekerlik nie weer die oorwinning onder hul neuse wil laat wegraap nie en sal die keer meer voorbereid wees.  Ons hoop ook dat die getroue Nuweland ondersteuners hul opwagting sal maak om die wind in die Bokke se seile te wees.

Ek sal die Bokke vir ‘n oorwinning voorspel, dit gaan wel nie bedien word met ‘n komplimentere biscotti nie.  Hulle gaan moet diep delf om die begeesterde Wallabies te troef – sou die Bokke egter hul mojo van vroer ontdek – die mag dalk in Oupa se van versteek wees vir die Scrabble entoesiaste, mag die telling dalk groter wees as wat enige van ons op die horison kan aanskou.  Go BOKKE!